Skrikbewind (Franse Rewolusie)

Nege émigrés word by wyse van die guillotine tereggestel, 1793

Die Skrikbewind of Terreur (Frans: la Terreur), was 'n periode van die Franse Rewolusie toe daar na die totstandkoming van die Eerste Franse Republiek 'n reeks bloedbadde en talle openbare teregstellings plaasgevind het na aanleiding van rewolusionêre ywer, anti-klerklike sentimente en valse beskuldigings van hoogverraad deur Maximilien Robespierre en die Komitee vir Openbare Veiligheid.

Daar is meningsverskille tussen geskiedkundiges oor wanneer presies "die Terreur" begin het. Sommige meen dat dit eers in 1793 begin het, met die datum van óf 5 September,[1] Junie of Maart, toe die Rewolusionêre Tribunaal tot stand gekom het. Ander noem egter die vroeëre tydstip van die September-slagting in 1792, of selfs Julie 1789, toe die eerste moord van die rewolusie plaasgevind het. [lower-alpha 1] Daar is 'n konsensus dat dit geëindig het met die val van Maximilien Robespierre in Julie 1794 en die gevolglike Termidoriese-reaksie. [2] Teen daardie tyd is 16.594 amptelike teregstellings sedert Junie 1793 in Frankryk uitgevoer, waarvan 2.639 alleen in Parys was. [3]  

  1. "Reign of Terror" (in Engels). Encyclopædia Britannica (2015). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2020. Besoek op 19 April 2017.
  2. Llwellyen, Jennifer; Thompson, Steve (19 November 2012). "The Thermidorian Reaction". French Revolution (in Engels (VSA)). Alpha History. Besoek op 7 Desember 2019.
  3. Linton, Marisa. "The Terror in the French Revolution" (PDF) (in Japannees). Kingston University. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2012. Besoek op 2 Desember 2011.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "lower-alpha", but no corresponding <references group="lower-alpha"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search